Waarom Afrikaans moet bly bestaan
Ek is jammer ek
moet hierdie een keer aansluit by die mening van die meerderheid: die Apartheid
het nie goed gewees nie. "Apart" was nie "gelyk" nie. Die wreedhede
wat hier en daar begaan is onder die Apartheid het egter nie slegs die
Afrikaners nie, maar ook die Afrikaanse taal in ‘n slegte lig gestel en behalwe
die promosie van nege inheemse tale tot amptelike taal naas Afrikaans en
Engels, het die nuwe regering steeds meer Engels bevorder, die taal van die
binnedringer. Die "regstellende aksie" gaan nie slegs die regte van
‘swartmense’ en ‘witmense’ aan nie, maar ewe die taal: minister Nzimande wil die laaste
universiteit waar nog alleen in Afrikaans lesgegee word, die Akademia, dwing
Engels in te voer. Dis ‘n sleg aksie van ‘n sleg regering, die korrup regering
van Jacob Zuma, wat luidens Engelse blankes net so goed as na andere, besig is
Suid-Afrika na die vernietiging te help.
Afrikaans is ‘n
unieke taal. Dis nie net die taal van die ‘onderdrukkers’ nie; dis selfs nie
slegs 'n mooi vereenvoudig vorm van Nederlands en die taal deur wat diername
soos "wildebeest", "aardvark" en "meerkat" in die
wêreld gekom het, dis die taal van Suid-Afrika. Daar is meer mense met ‘n
donkere vel wat Afrikaans praat as witmense.
Met reg verwys
professor Danie Goosen en andere na die ‘totalitêre’
kommunistiese mentaliteit van Nzimande, om ‘n eenvormigheid af te dwing op
goeie universiteite wat nie eers staatssubsidie kry nie. Suid-Afrika moet oppas
nie die kant van Zimbabwe uit te gaan nie. Suid-Afrika is een reënboognasie met
baie verskillende kulture, kleure en tale wat werd is in stand gehou te word.
“En veg ons nie,
sal ons verdwyn,” sing Bok
van Blerk oor die Vrijheidsoorlog.
Ook vandag moet die Afrikaners wat standhou in plaas van weg te trek uit
Suid-Afrika – wat baie doen – veg vir hul kultuur. Alleen moet hulle leer nie
te veg teen die ‘swartmense’ nie, maar teen die Engelse taal en kultuur. Want
nie Afrikaans nie, maar Engels is die regte taal van die onderdrukkers. Dis die
Engelse wat op baie plekke in die wêreld die inheemse bevolking onderdruk,
verjaag en vermoord het en hul eie kultuur en taal opgelê het. Dalene Matthee
beskryf in haar boek Kringe in 'n bos
hoe die Engelse dorpmense van Knysna met minagting neergekyk het op die houtkappers en hul ‘Kitchen Dutch’. Dis wat baie van hul al
die eeue gedoen het en dis wat vandag weer gebeur. Maar sonder rede, want die
Afrikaner het ‘n stem. Hebu! En uit
die blou van die Suid-Afrikaanse hemel, uit die diepte van haar see, oor haar
ver-verlate vlaktes klink die roep om saam te kom, en verenig te staan – watter
kleur jou vel het maak nie saak nie.
Dis niks om trots
op te wees om Engels te praat nie, want in die hele wêreld is al baie mense wat
Engels praat. In Namibië praat wel baie mense Afrikaans, maar Suid-Afrika is
die enige land waar Afrikaans ’n amptelike taal is.
Dis moeilik om
saam te leef met jou ou vyande, wat jou vroeër onderdruk het of wat jou nou
dreig te vermoord op jou plaas (omtrent vierduisend plaasmoorde
sedert 1991), maar dis nodig. In Suid-Afrika is genoeg plek vir donker en
blanke mense om saam te bly, en God en die Afrikaanse taal kan almal saambind.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten